Alice (Resident Evil)

Alice
Skepping
Eerste verskyning Resident Evil (2002)
Geskep deur Paul W. S. Anderson
Uitgebeeld deur Milla Jovovich
Inligting
Ander name Janus Prospero
Byname Alice
Spesie Mens
Geslag Vroulik
Beroep Voormalige sekerheidspesialis
Geheime operatiewe by Umbrella Korporasie
Anti-Umbrella aktivis
Getroud met Spence Parks (vals man)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State

Alice is 'n denkbeeldige personage en heldin uit die Resident Evil (Bose Bewoner) rolprentreeks, soos dit op die Resident Evil videospeletjie gegrond is. Hoewel sy nie as 'n speelbare karakter in die speletjies voorkom nie, tree sy uiteindelik met 'n aantal ander karakters uit dieselfde speletjies in wisselwerking, soos Jill Valentine, Carlos Oliveira, Claire Redfield en Nemesis. Alice voer die hoofrol in al die flieks, waar die intrige meestal om haar stryd teen die Umbrella Korporasie, haar vorige werknemer, draai. Sy word in die eerste Resident Evil-fliek as 'n persoon wat aan tydelike geheueverlies ly uitgebeeld. In Resident Evil: Apocalypse word haar karakter as 'n taai, stoere individu beskryf, omrede sy vertroud is met haar omringende omstandighede; Alice speel 'n soortgelyke rol in Resident Evil: Extinction. Sy word, afgesien van die rolprente, ook in hul romanverwerkings aangetref, waar haar agtergrond beter uiteengesit word. Hierdie inligting wat in die romans en rolprente voorkom, word nie so eg as dié in die videospeletjies beskou nie. In al die drie rolprente vertolk Milla Jovovich die rol van Alice, waar laasgenoemde ook as Alice Abernathy, Janus Prospero en Alice Parks, bekend staan. Die Umbrella Korporasie, daarenteen, verkies om na haar te verwys as Projek Alice of Program Alice.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy